GEROLDE MAYONNAISE HOENDER
Genoeg vir 4 – 6 mense
1 groot hoender
sout en vars gemaalde swartpeper
VULSEL
15 ml (1 eetlepel) heelkorrelmosterd
50 ml mayonnaise
30 ml (2 eetlepels) blatjang
50 g spinasieblare, gesnipper
30 g parmesaankaas, gerasper
1 eier, geklits
olyfolie
groenslaai vir opdiening
Voorverhit die oond tot 180°C.
Laat lê die hoender met sy rugkant op ‘n werkoppervlak.
Sny die borsbeen deur en vlek die hoender oop.
Gebruik ‘n skerp mes en ontbeen die hoender (of vra jou slagter om dit te doen).
Geur die hoender met die sout en peper en meng die res van die bestanddele behalwe die olyfolie en groen slaai.
Smeer die mengsel aan die binnekant van die hoender en rol die hoender op.
Bind die gerolde hoender vas met tou en plaas die rol in ‘n gesmeerde oondskottel.
Bedruip met olyfolie en bak sowat 40 – 50 minute of tot gaar en bros aan die buitekant.
Laat rus die hoender ‘n paar minute, verwyder die tou en sny die hoender in skywe.
Sit voor saam met fyn aartappel en groenslaai.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie