Verhit die olie in n pan oor matige hitte en soteer die uie daarin tot sag.
Voeg die knoffel, gemmer en rissies by en braai vir 1 min.
Voeg die tandoorispeserye, lemmetjieskil en -sap, tamatie en klappermelk by.
Bring tot kookpunt. Meng die mielieblom en water tot glad, voeg by die sous en prut vir 5 min.
Druk die garnale met kombuispapier droog en voeg by die sous.
Prut vir 5 min. tot gaar. Geur na smaak.
Meng die amandels en koljander deur.
Sit met lemmetjiewiggies voor.








