COLA SPARE RIBS
Plasing: Marie Rheeder Troskie
FOOD LOVERS RECIPES
Voorverhit die oond op 180°C
Sit 1 kg vark rib, in stukke gesny, in oondpan met vleiskant bo.
Meng saam:
125 ml tamatiesous
125 ml blatjang
300 ml coke
1 pakkie bruin uie soppoeier.
Giet oor ribbes en bak in oond vir 2 tot 2 ½ ure. Draai gereeld om.
Bedien met vars gebakte brood om sous op te vee.
Plasing: Marie Rheeder Troskie








