

CHOC CHIP PLAATKOEKIES
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
15 ml suiker
1 ekstra groot eier
150 ml melk
15 ml botter gesmelt
choc chip, soveel soos jy wil
olie vir braai
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die suiker by. Klits die eier, melk en gesmelte botter saam en voeg by die droë bestanddele.
Voeg die choc chips by en meng goed deur. Laat rus vir 30 min.
Voeg ‘n bietjie water by as die beslag te dik is.
Braai in olie soos plaatkoekies.
GENIET!
Bron: Annette Breytenbach van Wyk






