BRANDEWYN SOUS
2 koppies water
1 eetlepel mielieblom
4 eetlepels brandewyn
2 stukke gemmer
4 kruienaeltjies
2 stukke pypkaneel
1 koppie suiker
Kook die water, die kruienaeltjies, die gemmer en die kaneel omtrent 10 minute lank saam tot die water goed gegeur is.
Verwyder die speserye en voeg die suiker by.
Meng die mielieblom met ‘n bietjie koue water en voeg dit by.
Kook dit tot die sous deurskynend is en roer aanhoudend.
Verwyder van die vuur en voeg die brandewyn by net voor die sous opgedien word.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie









geskuif