
BOELIEBEEFSMEER
‘n Vleisvulsel wat ‘n paar dae in die yskas gehou kan word. Smeer
brood met blatjang voordat die vulsel opgesit word.
1 x 300g blik boeliebeef, fyngedruk
100 g komkommer, fyngekap
30 ml gekapte grasuie
50 ml mayonnaise
5 ml suurlemoensap
Meng al die bestanddele goed saam. Plaas in ‘n verseëlde houer in
die yskas.






