

AVOKADO, PIESANG EN PYNAPPEL MUFFINS
My eie resep – HEERLIK!!! 12 Muffins
½ koppie fyngedrukte piesang
½ kpoppie fyn pynappel (sonder stroop)
½ koppie gemengde neute gekap
60 ml gedroogte cranberries (opsioneel)
½ koppie sagte botter
2 eiers geklits
1 koppie bruinsuiker
2 koppies Bruismeel
1 koppie Nutty wheat
60 ml semels
1 teelepel bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 teelepels vanilla geursel
2 ml sout
Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei medium groot muffin pan met 12 gate voor.
Maak al die vrugte fyn en meng saam. Sit eenkant neer.
Meng die meel, nutty wheat, semels, bakpoeier, koeksoda, en sout saam en sit eenkant.
Room die botter en suiker goed saam en voeg geklitste eiers by. Meng goed. Voeg die vrugte mengsel by, meng goed.
Voeg die meelmengsel geleidelik by en meng goed. Skep in muffinpan en bak vir 30-35min tot gaar en toetspen skoon uitkom.
LEKKER KLAM EN BROS!!!!
RESEPen FOTO : Rina Kleinhans






