

LEKKERBEK GROENTESOP
Resep: Leone Barnard du Toit
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bees skenkels
6 liter water
3 wortels, geskil en gerasper
3 aartappels, geskil en gerasper
1 groot ui, fyn gekap
1 pakkie Minestrone soppoeier
½ koppie hawermout, opsioneel
2 koppies macaroni stukkies
sout en peper na smaak
¼ eetlepel kerriepoeier
1 blik tamatiepuree (410 g)
30 ml pietersielie, opsioneel
Plaas die vleis en water in ‘n groot genoeg pot en kook totdat die vleis sag is.
Voeg die wortels, aartappels en ui by en kook verder tot sag.
Skep die vetlagie wat bo-op vorm af, indien verkies.
Voeg die macaroni en soppoeier by en kook vir 25 min.
Geur met sout, peper.
Voeg die kerriepoeier en tamatiepuree by en kook vir 10 min.
Nota:
Ek voeg al die geurmiddels saam met die soppoeier en macaroni by die sop. Ek het die hawermout en pietersielie uitgelaat en opgesnyde spek by die sop gevoeg.






