

ELMARIE SE OLYWE
Sny ‘n gleuf in elke olyf.
Laat vir 7 dae in vars water lê.
Vervang die water elke dag.
Voeg die olywe in ‘n bak met lae growwe sout tussenin vir 3 dae.
Gooi elke dag water af.
Spoel die olywe deeglik af op dag 3.
Laat vir 3 dae in vars water lê en spoel af by dag 3.
Plaas die olywe in gesteriliseerde flesse envul elke fles met die volgende mengsel:
Verhit 4.5 liter water en los 330 g sout daarin op. Laat afkoel. Voeg 250 ml asyn by.
Vul elke botteltjie daarmee tot so amper vol.
Gooi lagie olyfolie bo-op, seël en laat staan vir 3 maande.
Ek voeg ook knoffelhuisies en roosmaryn takkies by elke bottel. Geniet.
Resep: Renate Strydom Engelbrecht






