
VERSKEIDENHEID VERSIERSEL IDEES
Resepte geplaas en wenke: Tertius Anya De Jager
FOOD LOVERS RECIPES
1. ROOM SJOKOLADE VERSIERSEL:
250 ml room
250 gr sjokolade
Smelt die sjokolade in die room op ‘n dubbel kookpot.
Laat afkoel en versier.
2. KITS POEDING VERSIERSEL:
80 g botter
500 g versiersuiker
90 g kitspoeding (enige geur)
125 ml melk.
Verroom die botter.
Sif die versiersuiker en kitspoeding saam.
Voeg die melk by en klop tot glad.
Laat minuut of twee staan om stywer te word voor gebruik.
3. ROOM KARAMEL VERSIERSEL:
1 houer orley whip
1 blik karamel
Klits orley whip styf, en meng karamel by, dis heerlik en kan op wit, sjokolade koek of kolwyntjies gebruik.
4. WENK:
Hoe om koeke en gebak klam te maak.
1 boksie sjokolade kitspoeding
Maak sjokolade kitspoeding met net 2/3 melk aan.
Smeer op sjokoladekoek.
Maak in houer toe en laat staan 2 of meer ure.
Maak koek lekker klam, maar nie nat nie.
Baie lekker.
Kan ook met vanilla kitspoeding of vla gedoen word.
5. GOEDKOOP BAR-ONE VERSIERSEL:
240 g bar-one sjokolade
80 ml room
Sny die sjokolade in stukkies en plaas dit in ´n glasbak saam met die room.
Verhit dit oor ´n kastrol met kookwater tot dit smelt.
Roer nou en dan.
Koel af en smeer oor koek.
6. BOTTER VERSIERSEL:
100 g sagte botter / wooden spoon
500 ml versiersuiker
5 ml vanilla geursel
druppel melk – indien nodig
Klits botter en suiker saam, tot romerig, voeg geursel by en meng.
Moenie te veel meng anders word dit loperig.
Sit so druppel pienk kleursel by die versiersel.
Flop vry en maklik om te maak.
7. GOEDKOOP KARAMEL BOTTER VERSIERSEL:
100 g sagte, kamer temperatuur botter
500 ml versiersuiker
5 ml karamelgeursel
10 ml melk
Klits tot smeerbaar.
Voeg karamelgeursel en melk by, meng tot smeerbaar en versier.
Dis ‘n baie lekker versiersel om gebruik te word vir op koeke en kolwyntjies vir bestellings.
Gebruik stork bake of regte egte botter.
Vir sjokolade versiersel, voeg 60 ml kakao by.
8. STROOISUIKER VERSIERSEL:
250 ml room
koppie strooisuiker
pakkie kits sjokolade poeding
Klits al die bestanddele saam tot ferm.
9. SJOKOLADE POEDING VERSIERSEL:
1 pakkie kits sjokolade poeding
250ml melk
500 ml room
Klits sjokolade poeding en melk vir 1 minuut saam en sit in die yskas.
Klits room styf tot dit punte vorm.
Meng die kits sjokolade poeding lepel vir lepel saam met die room.
Gebruik op die koek soos benodig.
10. ORLEY WHIP EN ROOMKAAS VERSIERSEL:
1 boksie orley wip
1 bakkie roomkaas
500 g versiersuiker
halwe koppie kakao
Klop alles saam tot lekker styf.
11. YUMMIE BAR-ONE VERSIERSEL:
90 gr karamelkitspoeding
1 blikkie karamel
1 koppie melk
1 koppie varsroom
3 x 60 g bar-one-sjokolades
Klits melk en kitspoeding saam vir 2min.
Roer karamel tot glad en voeg by kitspoeding.
Klits room styf en roer by kitspoeding mengsel.
Rasper 2 bar-ones op die growwe kant en roer by.
Sny koeke in helfde smeer vulsel op elke laag, plaas koeklae opmekaar, smeer laaste vulsel bo-op, sny of rasper laaste bar-one sjokolade bo-op.
Smeer kolwyntjies met vulsel en strooi gerasperde bar-one bo-op.
12. KARAMEL VERSIERSEL:
1 houer room
1 blik karamel
4 eetlepels kakoa
Klits room, karamel en kakoa saam en versier.
13. KONDENSMELK VERSIERSEL:
250 ml margarien
200 ml kondensmelk
60 ml kakao
Klits alles baie goed saam tot romerig.
Dit is baie belangrik om ‘n hoë vet margarien te gebruik, want die medium vet margarien kan die versiering laat flop
14. PEPPERMINT VERSIERSEL:
500 ml versiersuiker gesif
125 g margarien
12.5 ml melk
3 druppels peppermint geursel
1 druppel groen kleursel(of meer onthou jy kan altyd byvoeg maar nie uithaal nie)
Room margarien en versiersuiker.
Klits melk en geursel by.
Voeg kleursel by.
15. SJOKOLADE ROOMKAAS VERSIERSEL:
125 ml roomkaas
375 ml versiersuiker
1 ½ blok onversoet sjokolade gesmelt
25 ml margarien
65 ml dun room
2 ml vanilla
1 ml sout
Room die roomkaas en margarien.
Roer res van die bestanddele by.
Versier ‘n sjokolade en ‘n speserykoek.
16. AMANDEL VERSIERSEL MET VARS VRUGTE:
100 g botter (moet by kamertemperatuur wees, nie uit die yskas nie)
200 g roomkaas
300 g versiersuiker
1 teelepel amaretto of amandelekstrak
vars frambose of aarbeie
pêrel balletjies om te versier
Room die roomkaas en botter.
Draai die menger tot op die laagste spoed en voeg versiersuiker en geur by.
As die kolwyntjies heeltemal koel is, smeer of pyp elke kolwyntjie en sprinkel die pêrel balletjies bo-op, rond af met vars framboos of aarbei.
17. WENK:
As jy koek of kolwyntjies ekstra lekker wil maak, druk rolo sjokolade orals in koek en bak dit dan of druk 1 rolo in middel van cupcake en bak dan.
Dis nou met enige van bogenoemde versierings.
18. SUURLEMOEN KARAMEL VERSIERSEL:
125 ml orley whip
paar druppels suurlemoensap
blik karamel
Klop orley whip baie styf gooi paar druppels suurlemoensap en klits dan karamel in.
Klits goed deur en sit in yskas vir so half uur en versier.
Ek gebruik dit op die groot koeke ook.
19. GEKOOKTE SJOKOLADE VERSIERSEL:
250 ml suiker
50 ml mielieblom
50 ml kakao
7 ml kits koffie
375 ml melk
50 ml water
Meng alles saam en kook oor lae hitte tot gaar en gooi bo-oor koek en laat stol.







geskuif