


MAKLIKE TUNA GEREG
Resep geplaas deur: Verna Parker
Foto: Debbie Edwards
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie tuna, gedreineer
1 – 2 eiers
1 blikkie room sampioensop
1 koppie kaas, gerasper
½ pak kaas en uie skyfies, gekrummel
Meng al die bestanddele saam en plaas in ‘n oondvaste bak.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir so ‘n uur of tot bruin.
Die gereg is so lekker dat ek gewoonlik die beslag verdubbel.
Heerlik warm of koud.
Bedien saam met skyfies of slaai.
Kan ook wanneer dit koud is as ‘n tipe pate bedien saam soutkoekies.







geskuif