ANYA SE STAATMAKER PASTEIDEEG
500 g blok botter
1 koppie water
4 koppies meel
bietjie sout
Smelt die botter en water saam. Sit die meel en sout by en meng goed.
Laat so 3 ure in yskas rus.
Dis ‘n papperige deeg, maar raak ‘n stywer deeg as dit in yskas is.
Ek gebruik net die resep vir al my pasteie en vries goed.
Resep: Tertius Anya De Jager