

OONDGEROOSTERDE BOTTERSKORSIESOP
Foto: Louwtjie Beck
Oorspronklike resep deur Karin Klinck Pitout gewysig deur Louwtjie Beck
https://www.foodloversrecipes.com/2016/04/karin-se-butternutsop/
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het bietjie gewysig, aangesien ek die botterskorsie met die skil wou gebruik.
Ek het dit in skywe gesny, rojaal met olyfolie gedrapeer, kaneel, bietjie gemmer, paprika, asook peper gestrooi.
Bak in die oond vir 45 min op 160°C tot heerlik sag.
3 klein aartappels met skil en al sommer in mikrogolf vir 5 min gesit, lekker sag.
gerasperde klein ui
500 ml melk
700 ml water
sout
kerrie so sterk soos jy verkies
45 ml meel
Sit alles bymekaar en kook stadig vir 15 min.
Blitzzz goed tot heerlik fyn met skil en al.
Verhit net weer en bedien.
Nota: Daardie braai smaak, is ongelooflik lekker.
Dus beveel ek dit aan.






