

SWARTMOSSELSOP
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
50 vars swart mossels gewas, baard verwyder en laat ‘n rukkie in suurlemoen water lê
1 groot ui, gekerf en gebraai
‘n paar grasuie stingels, opgesny
1 teelepel knoffel, fyn gekap
in 1 eetlepel botter en 1 eetlepel olyf olie, net deurskynend nie bruin nie
Voeg by:
1 koppie wit wyn en 2 koppies water, kook goed deur dat alkohol verminder
Voeg by ¼ neutmuskaat en ‘n knippe fyn naeltjies
Voeg mossels by kook dit vir paar min.
Voeg 1 koppie room by en kook deur, voeg nou handvol gekapte pietersielie by.
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak by.
Bedien met vars brood en lekker botter, of bruggeta broodtjie.
As jy dit bietjie dikker wil hê om op rys te bedien, maak ‘n dikker wit sous, en roer by jou mossels.






