

RIETTE SE GROENTE SOP
Resep: Riette Perold
FOOD LOVERS RECIPES
Ek ook nou sop opgesit.
3 aartappels, opgesny
2 rape, gesny
3 wortels, opgesny
500 g pakkie pampoenblokkies
1 groot patat, opgesny
1 groot “beef chuck”
2 blokkies beef ekstrak
1 ui, gekap
1 pakkie soppoeier van jou keuse
1 blikkie tamatiepuree
1 pakkie gesplete erte (split peas)
100 ml Worcestersous
2 teelepels sout
3 seldery en seldery takkies en blare pietersielie
Kom uit Spar se sopppakkie.
Kook 3 en half ure saam, ek het ‘n vogue amper waterless pot wat minder water vat, kook op die stoof.
Dan vries ek dik sop en gooi water by soos ek gebruik en opwarm.
Jy kan bietjie macaroni ook bygooi.






