

SKAAPLEWER EN NIERTJIES MET SOET-SUUR SOUS
Soetsuur sous:
6 eetlepels tamatie sous
6 eetlepels water
6 eetlepels asyn
6 eetlepels suiker
1/3 teelepel sout
1 teelepel Engelse mosterd
stroop van 1 blik pynappel (440 g stukke)
1 pakkie bruin uiesoppoeier
Kook bogenoemde bestanddele ‘n bietjie saam.
Maak 2 teelepels maizena met 2 teelepels water aan en roer dit by die sous.
Braai die res van pynappel saam met ‘n gekapte ui.
Laat die lewer en niertjies vir ‘n ruk in asyn water lê, maak dit skoon en bedek met meel en met die volgende speserye:
koljander
tiemie
naeltjies
cumin
sout en peper
Braai tot goudbruin in bietjie olie.
Meng die sousmengsel, die pynappel- en uimengsel in by die lewer en prut tot die sous dik word.
Bedien met stywepap.
Resep geplaas deur Lelane Van Der Walt
Foto: Lelane Van Der Walt







geskuif
Natacha Visagie
dit is baie BAIE lekker! Ek Sal dit definitief weer maak💙 – en dit ruik heerlik