
PONS SONDER ALKOHOL
ELKEN PONS
4 groot blikke ingelegde vrugte kelkie
1 bottel Halls granadilla aanmaak sap
1 bottel Halls vrugte pons aanmaak sap
10 pynappels, uitgehol en vrugte stukkies fyngekap
2 botteltjies kersies
3 blikkies granadilla moes
4-6 2liter bottels sodawater of sprite
Meng vrugte en sappe deeglik en verkoel tot benodig
Sny groot stukke vrugte klein indien verkies
Voeg sodawater/sprite by net voor opdiening
Sprite maak dit nog soeter. Probeer eers 2 bottels sodawater en verander dan na sprite indien soeter verkies.
LEKKER BOLA RESEP
1 bottel granadilla
1 blik fyngemaakte pynappel – 410g
1 blik granadillamoes – 100g
1 liter lemonade
1 liter sodawater
baie ys
Meng alles saam net voor opdiening en bedien yskoud. Kinders love dit.
VRUGTESLAAI PONS
2 koppies lemoensap
2 eetlepels granadillamoes
3 koppies water
1 koppie pynappelsap
sap van 2 suurlemoene
suiker na smaak
Meng al die bestanddele baie goed en laat goed koud word. Versier elke glasie met ‘n kruisementsprietjie.
ROOIBOS TEE YSTEE
8 Liter water
10 rooibos tee sakkies
½ bottel halls granadillastroop
Kook water en tee en laat dit lekker trek.
Haal af van stoof en voeg stroop by.
Roer goed deur.
Laat afkoel en plaas in bottels en bere in yskas baie lekker vir warm dae. Geniet!
ROOIBOSTEE PONS
(Hierdie resep rek die koeldrank en dit is ook baie gesond!)
1 liter koue rooibostee
1 liter vrugtesap
1 liter Sprite (of ander gaskoeldrank van jou keuse)
1 klein blikkie vrugte (opsioneel – soos gemengde vrugte of pynappelstukke)
Meng saam en bedien met ys.
(Gaskoeldrank kan uitgelaat word en rooibostee vermeerder word)
VRUGTEPONS
2.5 kg suiker
2 liter koue water
1 x 750 ml Rose’s Granadilla Cordial
1 x 750 ml Rose’s Passion Fruit Cordial
1 x 2 liter Oros Orange squash
3 x 115 g Granadilla pulp
1 x 850 g fyn pynappel
Los die suiker op in die koue water.
Voeg dan die res van die bestanddele by.
Roer goed.
Maak 7 ½ liter stroop.
Verdun met sodawater.
Resepte geplaas deur Gordon Hodge






