

MARMITE KOLWYNTJIES
3 koppies meel
6 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
½ teelepel rooi peper
± 2 ½ koppies melk
4 hoogvol koppies kaas, grof gerasper
Sous:
4 teelepels marmite
250 g magarien
Maak 2 dosyn
Meng droë bestandele saam, voeg kaas by en meng met melk, meng net tot meel gemeng is.
Skep in gesmeerde muffin panne.
Bak vir 20 min+ of tot gaar in 180ºC oond.
Smelt die sousbestanddele saam.
As muffins uitkom, skep sous oor, gee ruskans vir 5 min en haal uit op skinkbord, as daar sous oor is gooi oor muffins.
My man dink dit is hemels.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk







geskuif