STOKVIS GEBAK MET “POTATOBAKE”
Nou ja, soos belowe, hier is my poging. (Ek het nie ‘n resep nie)
Stokvis filette (Hake fillets) – pak onder in bak (rou)
Vis speserye bo-oor gegooi.
1 blikkie tamatie en uie smoor oor die vis geskep. (Het effens soet gemaak en gebind met bietjie vla)
2 Pakkies patato bake aangemaak soos hulle sê (Parmesan and Garlic + Creamy Cheddar Cheese – gemeng) en bo-oor gegooi.
Het toe gerasperde kaas bo-oor gestrooi.
Het vir 30 min op 180°C gebak met deksel op en toe oop gebak tot sous bietjie dikker is en kaas bruinerig is bo-op.
Terugvoering. Die sousie het lekker gestol. Sal weer dieselfde ml melk gebruik. My mense is gaande daaroor en het gesê ek kan dit maar weer maak.
Resep en foto: Marlene Mouton Carstens