

STOKVIS GEBAK MET “POTATOBAKE”
Resep en foto: Marlene Mouton Carstens
FOOD LOVERS RECIPES
Nou ja, soos belowe, hier is my poging. (Ek het nie ‘n resep nie)
Stokvis filette (Hake fillets)
Vis speserye
1 blikkie tamatie en uie smoor
2 Pakkies patato bake, Parmesan and Garlic + Creamy Cheddar Cheese
gerasperde kaas
Pak die rou stokvis filette (Hake fillets) onder in ‘n bak.
Strooi vis speserye bo-oor na smaak.
Skep die tamatie en uie smoor oor die vis. (Het effens soet gemaak en gebind met bietjie vla)
Maak die pakkies patato bake aan soos hulle sê, meng saam en giet bo-oor.
Strooi gerasperde kaas na smaak bo-oor.
Bak vir 30 min op 180°C met deksel op en bak dan oop tot sous bietjie dikker is en kaas bruinerig is bo-op.
Terugvoering. Die sousie het lekker gestol. Sal weer dieselfde ml melk gebruik. My mense is gaande daaroor en het gesê ek kan dit maar weer maak.






