

GEBOTTELDE SOET PATATS
Ek het my patats gecan, en dit het awesome uitgekom, soveel so, dat vriende met bottels van dit by my weg is. Kook stadig in pot, soos wat jy dit sou kook vir normale ete, met baie meer water, natuurlik ook sout en jou suiker. Laat botter uit, kook stadig, tot net sag, sit in gesterliseerde bottels en top met sous op, en draai toe, ek sit ook bietjie suurlemoensap in my sous. As jy dan een oopmaak om voor te sit, kook jy dit verder in daai sousie, sit botter by as jy verkies. In ‘n japtrap lekker patats. Sover weet ek, dit hou twee maande. Maar ek glo dit gaan baie langer hou. Ek het een bottel, wat nou drie maande toe gaan, en lyk nog yummy.
Ok, hier is die resep:
10 med groot patats, geskil en blokkies gesny
Spoel af in suurlemoen water.
Plaas die patats in ‘n groot genoeg pot en voeg die volgende by:
9 koppies water
1 eetlepel suurlemoen sap
1 teelepel sout
1 teelepel fyn gemmer
3 koppies suiker
Kook stadig, tot patats net sag is. Skep in gesterliseerde flesse. Gooi stroop oor, tot op die rand van fles, vee skoon met skoon klam doek, en draai styf toe. Wag tot deksels pop, en bere.
As jy dan een oopmaak om voor te sit, kook jy dit verder in daai sousie, sit botter by as jy verkies. In ‘n japtrap lekker patats.
Vra maar as daar nog onsekerheid is.😄😄
Resep en foto: Evertje Botha






