TUNA MANDJIES VAN BROOD
Sny die korsies van 6 snye witbrood af.
Rol die brood plat met koekroller en verf al 2 kante met sonneblomolie.
Sny brood in helfte en dan weer in die helfte (om 4 kwarte te hê).
Druk vas in klein kolwyntjie panne. (4 punte in lug)
Bak teen 200°C vir 15 min.
MENG:
1 blikkie tuna in soutwater (water afgegooi)
50 ml mayonnaise
20 ml tamatiesous
Skep teelepels vol in broodmandjies.
Sit halwe baba tamatie met pietersielie blaartjie bo-op.
MAAK: 24 happies.
HEERLIK!!!
Foto en resep: Katie Taljaard-Du Toit