

TUISGEMAAKTE HAWAIIAN KAAS BURGERS
Het gisteraand Home Made Hawaiian Cheese Burgers gemaak.
1 kg gewone maalvleis, ek vind die vet in die maalvleis hou die pattie sappig
1 mooi groot ui, baie fyngekap
2 spruite pietersielie, fyngekap
2 eiers
Kosher sout en wit pepper, na smaak
½ – 1 koppie brood krummels met speserye
1 eetlepel donker soya sous (optioneel)
Ek meng dit alles saam met ‘n houtlepel, ek vind as jy met jou hand meng, dan stol die maalvleis.
Vorm die pattie in jou hand, ek skat myne is so ‘n koppie hoeveelheid per pattie, strooi bietjie koekmeel albei kante en vlak braai in olyf olie.
Patties kom so 3 duim in deursnee by ¾ duim in dikte.
Dan ‘n tweede uie bietjie growwer gekap, gebraai saam knoffel en botter wat bo-op die kaas geplaas word.
Jy kan ook skerp gerasperde kaas in die pattie mengsel bysit.
Vorm dan jou burger deur blaarslaai, tamatie, pynappel ringe op die een kant van jou broodrolletjie te pak, en op die ander helfte die pattie, met kaas en gebraaide uie.
Foto en resep: Gavin Elliott






