

LOUISE SE “UIT DIE KOP” SOUTTERT
Ek het die souttertdeeg probeer wat 1 koppie meel, 1 koppie kaas en ½ koppie margarien bevat. Meng saam en gebruik vir kors.
Dis heerlik, maar verskriklik ryk.
Vulsel:
6 stukkies spek, gebraai en gekap
1 koppie melk
4 groot eiers
1 eetlepel Maizena
kaas om bo-oor te strooi
Maak kors en druk vas onder in tertbord en effens teen kante.
Klits alles saam behalwe die spek en kaas.
Strooi spek oor kors en gooi eiermengsel versigtig oor.
Strooi bietjie kaas oor. Bak 30 – 35 minute op 180ºC.
Resep en Foto: Louise Groenewald






