

GEEN BAK KAASKOEK MET SUURRROOM
Kors
Mariebeskuitjies of Eetsumor
Gekrimmel en meng met so 125 g margarine
Vulsel
1 houer (230 g) roomkaas
1 houer maaskaas (smooth plain)
1 blikkie kondensmelk
125 ml vars suurlemoen sap
1 teelepel vanilla essence
½ houer (so 120 ml) suurroom
Meng alles goed saam. Skep mengsel oor beskuitjie kors en plaas in die yskas vir minstens 3 ure voor die jellie laag oor sit.
Bolaag:
1 pakkie suurlemon jellie
Meng met ⅔ van hoeveelheid water wat aanbeveel word op pakkie, koel af (nie set nie) en sprei oor kaaskoek. Plaas weer in die yskas tot jellie set. Ek maak dit 2 tot 3 dae voor ‘n geleentheid.
Resep en Foto: Bernice Leggett






