

BIANCA SE BOKSIE-KOEK VERSIERSEL
2 boksies ready mix vanilla geur, volg instruksies op die boksie.
500 ml Bakels room, klits tot sagte punte en gooi dan 75 g room stabiliseerder in.
Hou aan klits, dit word net eweskielik styf. Hou dit maar koud om maklik in versiersak te skep. Ek het caramel treat tussen die 2 lae gesmeer en res met room versier. Die sjokolade is Bakers sjokolade, so dit hang af van die vorms wat jy wil maak en daarvolgens sal jy weet hoeveel sjokolade jy gaan smelt.
Resep en foto: Bianca Venter






