

CHEESE MARMITE TWISTIES
Puff Pastry
Cheese Spread Marmite
1 eier
gerasperde Chedder kaas (of Parmesan kaas poeier of vars)
Rol jou deeg uit oor ‘n meelbestrooide oppervlak.
Smelt ‘n ¼ koppie van die Cheese Spread in die mikrogolf oond (net sodat dit makliker oor die deeg smeer – moet nie skaam wees met die smeer nie).
Strooi die gerasperde kaas (of sprinkel die Parmesan kaas poeier) oor.
Sny nou die gesmeerde deeg in repies.
Gee elke repie ‘n draai en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Borsel die geklitse eier oor elke “Twisty” en bak in die oond teen 120°C tot ligbruin.
Sprinkel weer ‘n bietjie Parmesan of gerasperde kaas oor die warm “Twisties”.
Koel af en bedien met ‘n lekker doopsous van jou keuse.
Wenk:
Ek hou van broodstokkies met roomkaas doopsous of avokado doopsous.
Resep geplaas deur Minouise Vd Merwe






