

ALTA SE KERRIE KOOL
Ek gebruik my mandolin, die sny lekker fyn)
2 kg kool, fyn gesny
1 bottel asyn (ek gebruik wit) 750 ml
1 eetlepel kerrie
2 eetlepels stroop
1 eetlepel mosterd (droë)
3 koppies suiker
¾ kilogram grof gekapte uie
4 eetlepels mielieblom (Maizina)
1 eetlepel borrie
1 teelepel sout
Kook saam, kerrie, borrie, suiker, sout, stroop, mosterd en asyn saam (nie maizina nie).
Sodra begin kook, voeg kool en uie by.
Roer deur, sodra dit begin kook, voeg Maizina by wat met bietjie water gemeng.
Kook deur, oppas vir brand, as sous dikker raak is dit reg.
Skep in gesteriliseerde bottel, draai bottel styf toe, as dit bietjie suur is, voeg 3 eetlepels appelkoos konfyt by.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk







Oorgeplaas na nuwe blog.