

VINNIGE SPINASIE EN KAAS SOUTTERT
250 gram oorskiet spinasie (of enige iets, kan ook die as basis van ‘n souttert gebruik)
250 gram gerasperde Cheddarkaas
2 koppies melk
4 eiers
1 teelepel droë mosterdpoeier
1 fyngekapte ui
2 eetlepels koekmeel
pietersielie
sout en peper na smaak
Meng al die bestanddele en gooi in ‘n gesmeerde vuurvaste bak en bak tot ligbruin.
Sny in blokkies en bedien warm of koud op gekerfde slaai.
Resep en foto: Lelane Van Der Walt






