

KITI SE MAMS SE BLIKKIE PONS
Meng een 400 g blik elk (sap/stroop en al) in ‘n versapper:
pynappel
perske
peer
guava (haal pitte eers uit, maar moenie weggooi nie)
Versap ook een papaya, 5 piesangs (of enige ander vars vrugte wat in seisoen is).
Gooi nou bymekaar en gooi guava pitte terug. Voeg een blikkie granadilla pitte by en meng goed. Bere in yskas vir ‘n dag as jy wil (dit hou goed vir so 4 dae).
Dan net voor opdiening, gooi by:
1 bottel Oros lemoen
1 bottel soet wit wyn (opsioneel)
2 bottels Sprite of Lemonade
Ek gooi die Sprite by in die ponsbak, direk voor mense uitskep. Na die geselligheid kan mens die pons (sonder Sprite) vries en net ontvries voor benodig. Jy kan ook kersies of vars aarbeie in die bak voeg, of selfs gevriesde aarbeie, pleks van ysblokkies. ‘n Paar skywe piesang lyk ook mooi in die ponsbak.
Nota: Hierdie foto is van die wat 6 maande gevries was, nog net so njam soos toe. Ek het dit net oornag in die yskas ontvries.
Resep en foto geplaas deur Kiti City






