

WORTEL EN PYNAPPEL BLATJANG
Resep geplaas deur Babs van der Westhuizen
Foto: Babs van der Westhuizen
FOOD LOVERS ECIPES
600 g wortels, opgesny
300 g vars pynappel, opgesny
400 g uie, opgesny
2 eetlepels gemmer, opgesny
1 blik pynappel crush
35 ml kerrie
10 ml sout
2 koppies suiker
6 eetlepels stroop
2 koppies asyn
2.5 ml mosterdpoeier
en dan ‘n strooisel elk van komyn, garam masala en neutmuskaat omdat dit kerrie so lekker aanvul
Plaas alles saam in ‘n pot. Sit die plaat op hoog en roer totdat die suiker opgelos is en stel plaat laer.
Hier het ek 3 eetlepels rosyne bygevoeg.
Kook tot sag en totdat van die vloeistof weggekook is.
Meng 3 eetlepels Maizena met bietjie water, voeg by en roer goed deur.
Kook vir 5 min of totdat Maizena gaar is. Bottel warm.
Nota:
Ek het nie die vars pynappel eenkant gekook en die water weggegooi nie, omdat die kookproses die ensiem vernietig wat veroorsaak dat vars pynappel jellie nie laat stol nie. Ook omdat ek nie gelatine gebruik nie.






