

VERSKILLENDE VARIASIES VAN SUURLEMOENSTROOP
SUURLEMOENSTROOP
(sowat 2 ½ liter stroop)
1 kg (1 250 ml) suiker
1,5 liter water
skil-repies van 2 suurlemoene
500 ml suurlemoensap
Meng al die bestanddele in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en roer aanmekaar sodat die suiker oplos. Laat prut vir 10 minute. Die stroop moet afkoel voor jy dit in bottels gooi. Hou dit in die yskas.
SUURLEMOENSTROOP
12 suurlemoene se skil en sap
2.5 kg suiker
1 eetlepel sitroensuur
1 eetlepel wynsteensuur
1 eetlepel engelse sout
1.5 L kookwater
Meng alles tot suiker opgelos is sit in yskas vir n dag. Sif die sap, gooi in bottels. Drink met soda of water. Hou in yskas sodra oopgemaak is
SUURLEMOENSTROOP
Met al die suurlemoene in voorraad is dit nou die kans om n lekker stroop te maak vir die somer.Die stroop maak 4.5 liter en kan tot 6 maande op die rak gebere word.
Maak aan 1 deel stroop en 3 dele water. Met sodawater is dit heerlik.
10 koppies vars uitgedrukte suurlemoensap
8 koppies suiker
Gooi die suiker en sap in kastrol en verhit to suiker gesmelt is en roer met houtlepel. Wanneer die stroop net begin borrel haal van plaat af en laat dit afkoel. Syg die stroop deur n doek en gooi in bottels. Kurk toe. Maak die rand van die glas nat met stroop en doop in suiker en versier met n skyf suurlemoen.
SUURLEMOENSTROOP
10-12 groot suurlemoene se sap
2.5 kg suiker
15 ml sitroensuur
15 ml wynsteensuur
15 ml Engelse sout
1.5 L kookwater
Rasper skil van die suurlemoene af en druk die sap uit.
Gooi skil en sap in `n groot bak.
Gooi suiker, sitroensuur, wynsteensuur en Engelse sout bo-oor.
Gooi kookwater oor en roer deeglik totdat suiker gesmelt het.
Laat staan stroop oornag.
Suig volgende dag deur en gooi in bottels.
SUURLEMOENSTROOOP
12 suurlemoene (so 750ml) skil van 3 na 4 suurlemoene gerasper
2.5 kg suiker
2 liter water
1 pakkie van elk: citric acid, tartaric acid, engelse sout (20 ml elk – 4 teelepels)
Bring tot kookpunt en bottel
LEMOEN EN SUURLEMOENSTROOP
8 sappige lemoene
4 sappige suurlemoene
1.5 liter kookwater
1.2 kg wit suiker
15 ml wynsteen of sitroensuur
Rasper net die oranje en geel buiteskil van die lemoene en suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laat die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.
Skink dit in lang glase, na smaak verdun met soda of yswater, met ‘n paar ysblokkies.
Resepte geplaas deur Christine Cotter
Foto: Christine Cotter






