

TUISGEMAAKTE “BAKED BEANS”
1 kg bone (rooi spikkel) oornag geweek en volgende dag sag gekook tot sous min is.
Voeg die volgende bestanddele by:
1 koppie wit suiker
½ koppie bruinsuiker
½ koppie asyn
20 ml kookolie
1 teelepel sout
1 teelepel braaivleis speserye
1 blikkie tamatie puree
Kook tot sous dik en die boontjies sag. Bottel warm.
Nota: Jy kan bietjie maizena aanmaak met ‘n bietjie water en by roer indien jy die sous dikker verkies. Kook tot weer goed deur dat die maisena kan gaar word.
Ek het hom bietjie verander, want hy is te soet vir my. Het nog tamatie paste en ook suurlemoen sap by gevoeg.
Foto: Nicolette Papas
Resep: Beulagh Lombard






