MAKLIKE AARTAPPELSOP
5 groot aartappels
1 ui
1 hoenderaftreksel blokkie
1 teelepel sout
knippie peper
250 g spek
room, opsioneel
Sny aartappels en ui in blokkies en plaas in kastrol.
Voeg genoeg kookwater by tot aartappels bedek is, sit aftreksel blokkie by.
Kook tot aartappels sag is.
Braai intussen die spek tot bros.
Druk aartappels fyn en geur met sout en peper.
Meng van die spekblokkies deur. Hou ‘n bietjie spek om vir bo-oor te bedien as garnering.
Nota: Indien verkies kan jy die sop verdun deur bietjie room deur te roer
HEERLIK!!!
Resep: Rina Kleinhans
Foto: Benhet Nieuwenhuis