

HOENDER EN BROCCOLI SOP
30 ml olyfolie
600 g hoenderborsies sonder vel, in blokkies gesny
1 groot uie, gekap
15 ml knoffel
2 pakkies Ina Paarman Roasted chicken gravy
6 aartappels in blokkies gesny
1 kg broccoli
60 ml Ina Paarman Basil pasto
60 ml Ina Paarman Gedroogte tamatie pasto
30 ml droë pietersielie
125 ml room
1,75 liter kookwater
sout en peper na smaak
Verbruin die hoenderblokkies, voeg gekapte uie by en braai vir 5 – 7 minute, voeg knoffel by en braai vir 3 minute.
Voeg die 2 pakkies roasted chicken gravy, aartappelblokkies, broccoli, basil paste, gedroogte tamatie paste, pietersielie, water, sout en peper by.
Ek het die sop vir 20 minute in ‘n stoompot gekook.
Skep hoender en groente in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n puree. Plaas terug in die pot, meng dit met die water waarin dit gekook het.
Voeg die 125 ml room by en bedien met brood van eie keuse.
Foto en resep: Elna Erasmus






