

FRANCIS SE LEKKER GROENTESOP
VLEIS: As jy hoender gebruik: 1 heel hoender of ± 4 – 6 hoenderborsies. OF 1 kg stowevleis of 500 tot 600 maalvleis.
Stowe vleis sag en ontbeen, sny in kleiner stukkies en hou eenkant. As jy maalvleis gebruik is dit nie nodig nie.
GROENTE:
1 kg wortels
1½ kg tamaties
250 g sampioene
1 pakkie (ongeveer 250g) babymarrows (murgpampoentjies)
1 groot pak seldery
Was alles baie goed en sny in stukke. Plaas in stoompot saam met 2 blokke “stock” (as jy hoender gebruik dan voeg jy hoender “stock” by) in 2 k kookwater opgelos by en laat dit sag kook in stoompot.
As sag skep uit in voedselverwerker. Doen dit in sarsies en gooi elke keer koue water by en maak fyn, maar nie heeltemaal te fyn nie.
Gooi nou allles terug in stoompot (My stoompot is 10l) en laat opkook. Gooi nou 1 – 1½ koppie hawermout by. (meer hawermout kan bygevoeg word indien jy dit dikker wil hê. Die hawermout bind die sop en maak dit dikker dit sorg ook vir so lekker ekstra smaak aan die groente.
Laat stadig prut.
Neem nou 2 pakkies soppoeier . Dit kan verskillende soorte wees. Hoender saam met hoender. Ek hou daarvan om `n sampioenroomsop en 1 hoenderropsoppoeier te gebruik. Maak `n pasta met koue water en voeg dit by en laat verder prut.
Voeg nou sout en peper na smaak by. Voeg eers 1teelepel sout en 1 teelepel peper by totdat daar genoeg by is. ‘n Mens kan jou soms misgis met die hoeveelheid.
Voeg nou ook Worcestersous by. Ek gooi omtrent ‘n ¼ koppie by, maar meer of minder kan ook bygevoeg word.
Onthou om die sop gereeld te roer sodat dit nie aanbrand nie en voeg nog kookwater by sodat dit nie heeltemal te dik is nie. (Nog hawermout kan bygevoeg word indien jy dit dikker wil hê.
Bedien die sop warm. Dit lewer omtrent 30 kOppie sop.
Hierdie sop is hoog aan vesel en is geskik vir diabete ook
Ek sal ‘n foto neem as ek weer maak. Hierdie sop vries ook baie goed aangesien daar nie aartappels in is nie.
Resep: Francis Schoeman






