

KAASDEEG VIR SOUT DOPPIES
250 g margarien, kamer temperatuur
250 ml fyngerasperde kaas of 80 ml kaaspoeier
2 eiers
750 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Room smeer en kaas of poeier, voeg eiers by en klits.
Sif droë bestanddele en voeg by. Meng goed.
Druk in doppie panne en bak 12 – 15 minute in oond by 180° C
Lewer 9 dosyn doppies.
Gebruik vir soet of sout.
Variasie: jy kan kaas uitlos, maar dit gee ‘n baie lekker smaak selfs aan sout vulsels.
Resep: Kiti Citi
Foto: Frikkie Jones







geskuif