

KOTIE SE BONESOP
Ek gebruik ‘n groot pot, weet nie hoeveel liter nie, maar gaan opgevoel ..
1½ kg skenkel sopvleis
2 pakke rooi gespikkelde boontjies
1 pakkie stampmielies en bone, oornag geweek
2 groot uie, opgesny in skywe
2 groot wortels, gerasper
2 aartappels, gerasper
4 beef blokkies
sout en pepper na smaak
Kook sopvleis en uie vir +-‘n uur in genoeg water, gooi bone en stampmielies by wat oornag geweek het in water en goed afgespoel is. Vul water in pot aan indien nodig.
As vleis en bone sag is, voeg wortels, aartappels en beefblokkies by.
Kook alles saam tot sag en lekker dik.
Toets vir sout en peper en pas aan indien nodig.
Foto en resep: Kotie Van Der Watt






