

HEERLIKE HOENDERSOP
Genoeg vir 4
2 eetlepel botter
1 eetlepel olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 pakkie bacon, blokkies gesny (200 g)
2 – 3 groot, vellose hoenderborsies, in klein blokkies gesny
175 g (1 koppie) pastarys
1½ liter hoenderaftreksel (3 eetlepels Ina Paarman Chicken flavour stock powder)
1 koppie bevrore gemengde groente (ertjies, blokkies wortel, mielies)
3 ml Ina Paarman seasoned Salt
3 ml Ina Paarman Garlic Pepper
250 ml room
pietersieleblare, fyngekap
Smelt die botter saam met die olyfolie in ’n swaarboomkastrol oor matige hitte. Voeg ui en knoffel by en laat sweet vir 10 – 15 tot sag.
Roer die bacon by en verhoog hitte, roerbraai vir 5 minute. Voeg die hoender, pastarys, gevriesde groente, aftreksel en geurmiddels behalwe die pietersielie by en bring tot kookpunt.
Sodra dit kook, verlaag die hitte en laat prut dit vir 25 – 30 minute totdat die pastarys baie sag is. Roer gereeld.
Voeg room by en laat vir nog 5 minute baie liggies prut.
Proe nou of die sout of geurmiddels aangepas moet word. Bedien met ’n bietjie pietersielie bo-oor gesprinkel en varsgemaalde swartpeper as jy wil.
• Die geheim van die heerlike geur van hierdie sop is die sweet van die uie en knoffel en die bacon en die gebruik van Ina Paarman speserye en stock. As jy enige van hierdie bestanddele met iets soortgelyk vervang sal dit nie dieselfde proe nie. ‘n Ou vettige hoenderblokkie in ‘n blink papiertjie gaan jou sop spoil!
Nota: Ek verkies suurroom i.p.v. gewone room in die resep.
Resep:Louise Groenewald
Foto: Louise Groenewald







Geskuif