CHRISTELLE SE MAKLIKE MELKKOS
Ek maak gereeld melkkos. Dit vat so 10 minute.
Sit 2 liter melk op die stoof om te begin kook. Moenie hitte te hoog stel nie, dit sal aanbrand en oorkook.
300 ml meel (Ek sit dit sommer in ‘n maatbeker om af te meet)
1 teelepel sout
2 eetlepels botter
1 teelepels vanilla
7 teelepels suiker
Vryf die botter en sout in die meel in en werk goed deur.
Wanneer die melk begin kook, voeg jy die meel stelselmatig by en klits deur soos jy ingooi met ‘n ballon klitser(whisk).
Klein klontjies gaan begin vorm, dis reg.
Sit die temperatuur heeltemal laag.
Laat dit kook vir 7-8 minute.
En roer tussen in dat dit nie vasbrand nie.
As dit reg is, voeg vanilla geursel en suiker by en meng in.
Ons voeg dan net ‘n bietjie meer suiker in ons bakkie met kaneel en voila. Geniet.
Resep: Christelle Arnold Stols