

VISVINGER MOUSSAKA
Resep geplaas deur Petré Van Jaarsveld
Foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
3 groterige eiervrugte, in plat skywe geny en in oyfolie gebraai tot sag
1 liter witsous, nie te styf nie
Vir die sous:
1 blikkie tamatie en uie smoor
½ pak sampioene, in skyfies gesny
1/3 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 middelslag ui, grof gekap
sout, grof gemaalde swartpeper en oreganum na smaak
Braai uie, sampioene, groenrissie, tot uie deurskynend is.
Voeg tamatie en uiesmoor asook sout, peper, oreganum en ‘n bietjie suiker by, kook goed deur.
Spuit bak.
Skep n bietjie witsous onder in die bak.
Pak gebraaide eiervrug bo op witsous.
Skep ‘n lagie van die uiesmoor op.
Pak ‘n laag visvingers.
Skep van die tamatie en uiesmoor bo op die visvingers.
Pak weer ‘n laag eiervrug.
Skep van die witsous bo op die eiervrug.
Pak ‘n laag visvingers.
Skep laaste tamatie en uiesmoor bo op die visvingers.
Pak die laaste laag eiervrug en skep die laaste witsous oor.
Rasper kaas oor en bak teen 180ºC tot goudbruin.. om en by 50 minute.







geskuif