


NUTELLA MUFFINS MET CHOC CHIP
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2,5 ml sout
30 ml suiker
225 ml melk
1 eier
60 ml margarien, gesmelt
Nutella
Voor verhit die oond tot 200°C.
Sif droë bestanddele saam.
Meng melk en goed geklitste eier.
Voeg vloeistof by droë bestanddele, meng vinnig en voeg gesmelte botter by. Moenie te veel roer nie en meng net genoeg om dit klam te maak.
Maak elke bakkie half.
Sit nutella in (nie te veel nie).
Sit dan die res van die deeg op en strooi choc chips oor dit.
Bak vir 15-20 minute . Dit lewer 12 muffins.
Resep en foto: Michelle de beer






