

DEEG DOPPIES WAT NIE KRIMP NIE
Hierdie resep kom uit ‘n 1985 resepte boek vir wen resepte. Ek gebruik net die een.
125 gram margarien
1 eier
knippie sout
15 ml kook water
375 ml koekmeel
7 ml bakpoeier
Ek verdubbel dit met sukses.
Smelt margarien en laat af koel tot lou. Klits eier en sout goed saam. Klits kookwater by. Meng dit met die margerien. Sif meel en bakpoeier. Maak holte in deeg en gooi margarien mengsel daarin. Sny met slaplem mes tot deeg vorm. Moenie bekommerd wees as dit olierig lyk nie.
Ek maak bolletjies en druk in my tertjie panne met my duim om doppie te vorm, skep vulsel in die rou doppies en bak teen 180°C vir 8 – 12 min tot mooi bruin en gaar.
Krimp glad nie.
Ek gebruik rama.
Ek maak witsous. Rasper 1 ui daarin met kaas. Soveel jy wil. Hang af hoeveel witsous het jy. Gooi ekstra gerasperde kaas oor. Heerlike kaas tertjies.
Resep geplaas deur Marinda Scheepers
Foto: Lynette vd Bergh






