

WAATLEMOEN KONFYT
My eerste probeer slag.
1.5 kg waatlemoen, die rooi vleis
1 kg suiker
vars gemmer stukke wat jy insit en weer kan uithaal
1 koppie water
Ek het waatlemoen opgesny en in 2 liter pot gesit.
Op lae hitte 1 koppie water bygevoeg en die suiker en gemmer bygesit.
Niks geroer nie net laat kook vir 2 ure, toe toets ek die stroop en dit maak mooi paadjie op die piering.
Ek maak toe die waatlemoen fyn met my hand stok menger. Ek bottel dit warm.
Resep en foto: Meisie van der Colff






