PERSKE SNIPPER KONFYT
4 kg geelperskes, gesnipper
3 kg suiker
2 koppies water (as dit gevrieste perskes is, geen water, die perskes maak sy eie water)
2 suurlemoene se sap
Pak perskes en suiker in lae en laat staan oornag.
Volgende dag begin op stadige hitte tot al die suiker gesmelt het, konfyt moenie kook voor suiker gesmelt is nie.
Smeer binne kant van kastrol met bietjie botter.
Kook vrugte tot deurskynend.
Toets bietjie konfyt,en kyk of jou stroop dik genoeg is.
Bottel in warm gesteriliseerde bottels en draai toe.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk