


TUNA TERT MET SKYFIES
2 blikkies Tuna, dreineer
1 groot pak Kaas en Uie skyfies
½ stukkie green pepper, fyn opgekap
1 ui, fyn gesny
100 ml blatjang
100 ml mayonnaise
150 ml melk
3 eiers
1 koppie kaas
Braai uie en green pepper saam.
Maak jou skyfies fyn.
Meng alles goed saam.
Gooi in oondbak.
Bak vir 30 min teen 180°C.
Geniet!!!
Hierdie is die lekkerste Tuna-tert wat jy sal maak!!
Dit is super maklik!
*Ek het kaas bo ook op gegooi. My familie is mal oor die Tuna tert!!!
Heerlik die volgende dag as dit lekker koud is.
Resep: Lizelle du Toit Roos
Foto: Bianca Swart







Geskuif