

PIESANG MUFFINS MET KLEURSEL
Ek het ‘n lekker muffin resep wat jy kan gebruik met jou oor ryp piesangs. Ek het begin rondspeel met idees en die resep mee opgekom
6 oor ryp piesangs
½ koppie suiker
1½ koppies koekmeel
1 teelepel vanilla ekstrak
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
3 ekstra groot eiers
Opsioneel:
1 teelepel geel voedsel kleursel (laat dit net mooier lyk)
Maak piesangs goed fyn en meng eiers, suiker en vanilla daarby tot goed gemeng.
Sif meel en bakpoeier saam en gooi by piesang mengsel en gooi sout by.
Klits alles goed by mekaar. As mengsel te styf is kan bietjie water by kom maar dit is ‘n redelik dik mengsel.
Smeer of spuit ‘n medium grote muffin pan en skep elke holtetjie so ¾ met beslag.
Bak vir so 20 minute in ‘n vooraf verhitte oond teen 180 ºC.
Kan 12 tot 18 muffins maak.
Nota:
Hou maar net goed dop dat dit nie brand nie, bak tye kan bietjie verskil.
Foto en resep: Schalk Nel






