

HEERLIKE VERSIERSEL VIR KOEK OF CAKE POPS
200 g bak sagte margarien, in ‘n menger se mengbak
600 g gesifte versiersuiker
200 g wit of donker sjokolade
½ koppie room, gesmelt in mikrogolf
1 teelepel vanilla
Smelt die sjokolade met die room in die mikrogolf. Roer elke 30 sekondes om te roer en nie oorwarm te maak nie. Wanneer goed gesmelt, sit eenkant om af te koel. Wanneer koel, voeg die vanilla by.
Meng margarien goed in bak tot lekker sag, voeg versiersel by, een koppie op ‘n slag eers op lae spoed tot goed gemeng.
Sodra alles wit verkleur, vermeerder spoed tot goed gemeng.
Voeg sjokolade mengsel by, meng goed en sit in toe houer en in yskas.
Kan ook gevries word tot wanneer nodig.
Plaas in mikrogolf vir paar sekondes of minder tot regte dikte om te kan smeer.
Vir cake pops:
Wanneer jy die koek gekrummel het in ‘n menger, voeg net genoeg versiersel mengsel by, vou in met lepel.
Neem genoeg om balletjie te vorm, rol in hand sodat dit net bymekaar kom, plaas in houer en in yskas voor gebruik.
Kan in sjokolade gedip word met versiering of enige and manier.
Resep: Charmaine Mostert






