

AMANDEL- OF PEKANNEUT KAASKOEK
Kors:
1 ½ pak Digestive koekies fyn gedruk en met gesmelte botter aangemaak.
Druk vas onder in los boom pan.
Vulsel:
60 g suiker
5 ml maizena
5 ml koekmeel
2 x 250 g roomkaas
125 ml room
5 ml suurlemoensap
3 ml Vanilla geursel
3 groot eiers
Room die eiers, suiker en vanilla saam.
Voeg die roomkaas by, dan die maizena, koekmeel, suurlemoensap en room.
Klits goed.
Skep die vulsel oor koekie laag.
Bak by 150ºC vir so 1 – 1 ½ uur totdat kaaskoek ferm voel aan bo kant met vingers.
Terwyl kaaskoek bak maak die stroop.
Stroop:
150 g suiker
185 ml water
1 kaneelstokkie
10 ml suurlemoensap
150 g grof gekapte amandels met velletjie aan of pekaneute
Plaas al die bestandele saam in ‘n pot buiten die neute en bring tot kookpunt terwyl geroer word.
Verlaag die hitte en laat dit prut vir so 10 min. of totdat stroop omtrent die helfte verminder het in inhoud.
Voeg gekapte neute by die stroop, roer deur, haal van plaat af en sit deksel op.
Sodra kaaskoek reg is, haal uit en sit pan / pannetjies binne-in bakplaat sodat sous daarin drup, indien wel uitloop.
Skep nou die neutstroop oor en sit weer in oond vir so 10 min.
Haal uit en laat afkoel in pan, sit pan dan in yskas vir so 3 ure of oornag.
Ek het die klein los boom panne van so 10 cm in deursnee gebruik (wat 2 porsies elk lewer) omdat dit makliker is as ‘n groot ronde pan.
Foto: Frances Smith






