

VISPASTEI VAN BOKSIE VIS
4 stukke Light & Crispy gevriesde vis gepanbraai soos per aanwysings.
2 koppies Napoletana tamatie sous (dis die sous wat ek maak vir my pasta en pizzas).
*die sous moet nie waterig wees nie maar goed afgekook en dik.
2 koppies aangemaakte dik witsous met fyngedrukte brokkoli en blomkool daarin.
2 koppies gerasperde Cheddar kaas.
Spuit oondbak van 2 liter inhoud met olie sproei.
Pak die gaar warm vis onder in.
Skep die dik tamatiesous bo-oor.
Meng 1 koppie kaas in die witsous en skep oor die tamatiesous.
Sprinkel die ekstra kaas bo-oor en rooster tot kaas gesmelt en ligbruin.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Elsabie Templeton






