

PITTIGE CHORIZO,SPINASIE, FETA EN TAMATIE QUICHE
10 blare spinasie gewas en opgesny
Een klein chorizo wors dun opgesny
2 stukke feta kaas in blokkies gesny
8 Rosa tamaties in helfte gesny
Handvol songedroogde tamaties in kookwater gerehidreer
Pakkie Potato Bake aangemaak volgens aanwysings
2 eiers
1 k Cheddar kaas
Roerbraai die spinasie, worsie skyfies, en tamaties in olyf olie vir 10 min.
Maak die Potato Bake aan met melk en gooi 2 eiers by.
Sproei oondbak met olie uit.
Skep die spinasie, chorizo, tamaties onder in die bak.
Strooi die blokkies feta bo-oor en sprinkel die gerasperde kaas oor.
Gooi die melk & eiermengsel bo-oor en bak by 180°C tot gestol en goudbruin. Ongeveer 30 min.
In LG Solardom konneksie oondjie wat vooraf verhit is:
Speed Combi 5 200°C + M/W 360W vir 20 min op die lae rakkie.
Resep en foto : Elsabie Templeton






